Welkom by Krapfontein se webtuiste / Welcome to Krapfontein’s website

Krapfontein is ‘n werkende beesplaas wat volgens holistiese / biodinamiese boerderybeginsels bedryf en bestuur word. Slegs inheemse diere word hier aangehou en  alles moontlik word gedoen om sover moontlik volhoubaar en saam met die natuur te boer. Die natuur word as selekteerder van die beste eienskappe in die diere beskou en die beginsels van Dr Robert Atikinson dat hierdie geharde en aangepaste diere “nie bederf, verander of verbeter word totdat hulle uitsterf nie…” word nagevolg en toegepas. Elektrisiteit word deur middel van ‘n Son- en Windkragstelsel op die plaas opgewek. Hierdie stelsel voorsien sedert Augustus 2005 volhoubaar aan alle elektrisiteitsbehoeftes van die huishouding en die boerdery. Verder word diere sover as moontlik aangewend om vervoertake op die plaas te verrig; hiervoor word donkies en perde hoofsaaklik aangewend.

Psalm 16:6 ” ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi…”

Krapfontein is a functioning cattle farm which is managed according to holistic / biodynamic principles. Only indigenous farm animals are found here and everything possible is done to farm sustainably and in harmony with nature. The principles of Dr Robert Atkinson that these hardy and resistant animals “should not be spoilt, changed and improved until they become extinct…” are followed and practiced. Electricity is generated by a Solar and Wind power installation. Since August 2005, this system fulfills all electricity needs of the household and the farm in a sustainable manner. Animal power forms an important part of transport on the farm; donkeys and horses are used for this purpose.

Psalm 16:6 “The lines are fallen unto me in pleasant places; yea, I have a goodly heritage.”