Afrikaners

AFRIKANERBEES

Oorsprong van die Ras:

Die Afrikaner is een van die oudste inheemse beesrasse in Suid-Afrika. Die telersgenootskap is alreeds in 1912 gestig en is verreweg die oudste in Suid-Afrika. Hierdie beeste en hul tradisionele eienaars het ongeveer dieselfde tyd as die Nguni in Suid-Afrika aangekom. Hulle het aan die westelike kant van die subkontinent suidwaarts na gebiede in die Wes-Kaap gemigreer. Vroeë sketse en skilderye van die Weskaap beeld dikwels die beeste met hul kenmerkende lang horings wat sywaarts strek, uit. Dit het die basis gevorm vir die hedendaagse Afrikanerbees. Die suidwaartse trek deur van die hardste en taaiste gebiede in die subkontinent het tot die ontwikkeling van ‘n uiters geharde, hitte, parasiet en droogtebestande bees aanleiding gegee. Daar is vandag nagenoeg 6200 geregistreerde Afrikanerbulle en sowat 16000 geregistreerde Afrikanerkoeie in die land.

Algemene beskrywing:

‘n Mediumraam geel tot rooikleurige beesras met lang sywaartsstrekkende horings met ‘n tipiese kurwe en lengtelopende draai. Afrikanerbeeste het ‘n skuins afwaarts lopende kruis wat nodig is vir maklike en probleemvrye kalwing; iets wat die ras kenmerk. Die ras het die tipiese rankerige bou wat kenmerkend is van aanpassing by uitgestrekte, droeë gebiede. Dit het redelike lang bene, het ‘n goeie diepte van lyf en ‘n gespierde rug en lende. Koeie is vroulik en in goeie verhouding met ‘n funksionele, mooi gevormde en goed gepigmenteerde uier en spene.

Eienskappe/Kwaliteite:

  • Weerstandbiedend teen hitte, siektes en parasiete
  • Uitstekende loopvermoë weens sterk, harde kloue 
  • Goeie wei vermoë; benut gras en struikgewas ewe goed
  • Klein, lewenskragtige kalwers vir Moeitevrye kalwing
  • Uitsonderlike moedereienskappe
  • Langlewendheid; kalf gemaklik tot 12-15 jaar ouderdom
  • Uitstaande vleiskwaliteit; die Afrikaner beskik oor ‘n dubbele DNS-sagtheidsgeen wat tesame met uitstekende marmering, die ras se vleis sappig en sag maak
  • Dik, sterk vel met goed ontwikkelde onderhuidse spier wat die ras weerstandig teen kruipende en vlieënde ektoparasiete maak
  • Ideale minimum sorg, maksimum wins bees
  • Die Afrikaner met sy mediumraam kan geredelik direk van die veld af bemark word
  • Diepliggende oë met goed ontwikkelde oogbanke wat daartoe bydra dat oogbesering en insekskade tot die minimum beperk is
  • Ideale moederlyn vir kruisteling met enige ander ras

Ras & Prestasie-inligting:

Ouderdom by eerste kalwing:   24-36 maande
Gemiddelde interkalfperiode:    400 dae
Volwasse massa:   Bulle: 900kg   Koeie:   550kg
Geboorte massa:   Bulle:  34kg    Verse:  32kg
Speenmassa (210 dae):  Bulle: 220kg  Verse: 195kg

AFRIKANER CATTLE

Origin of the Breed:

The Afrikaner is one of the oldest indiginous cattle breeds in South Africa. The Breeders Society was established in 1912 and is also the oldest in the country. These cattle and their tradisional owners arrived in South Africa about the same time as the Nguni breed. They migrated down the western side of Southern Africa to areas of the Western Cape. Early drawings of the Cape depicted the typical lateral horned cattle with formed the basis of the present day Afrikaner.

The southward migration through some of the hardest country on the subcontinent led to the evolution of a hardy, heat, parasite, disease and drought resistant breed imaginable. Today there are approximately 6200 registered Afrikaner bulls and 16000 registered Afrikaner cows in the country.

General Description:

A medium framed, yellow to red coloured cattle breed with long lateral hornes with a typical longitudinal twist. Afrikaners have a sloping rump – ideal for easy and uncomplicaded calving.

The breed has the typical rangy build of an animal which is well adapted to a hot and dry climate. It is fairly long-legged, has a good depth with a muscular back and loin. Cows are feminime and well-proportioned with a functional, well-pigmented udder and teats.

Qualities:

  • Heat, parasite, disease & drought resistant
  • Good walking ability with strong, hard hooves
  • Excellent grazing ability; eat grass and shrubs equally well
  • Good temperament; easy to handle and work with
  • Easy calving
  • Exceptional mothering ability
  • Longevity; able to produce calves for 12-15 years
  • Exceptional quality meat; the Afrikaner has a stack-gene for meat tenderness, with excellent marbling, therefor resulting in soft and juicy meat
    • Ideal, minimum care and maximum profit breed
    • Ideal mother line for cross breeding with any other breed
    • The Afrikaner with its medium frame can be marketed directly from the veld
    • Thick skin with strong panicle muscles which gives excellent protection to crawling (ticks) and flying paracites
    • Deep set eyes with well developed sockets provide protection against insects, trauma and the sun

Breed & Performance Information:

Age at first calving:   24-36 months
Average inter-calving period:    400 days
Mature weight:   Bulls: 900kg   Cows:   550kg
Birth weight:   Bulls:  34kg    Heifers:  32kg
Weaning mass (210 days):  Bulls: 220kg  Heifers: 195kg
REFERENCE:

Keith Ramsay, Liz Harris & Antoinette Kotzé (Eds): Landrace Breeds: South Africa’s Indiginous and Locally developed Farm Animals. Farm Animal Conservation Trust, PRETORIA. ISBN 0-620-25493-9

VERWYSING:

Keith Ramsay, Liz Harris & Antoinette Kotzé (Eds): Landrace Breeds: South Africa’s Indiginous and Locally developed Farm Animals. Farm Animal Conservation Trust, PRETORIA. ISBN 0-620-25493-9